Ensiklopedie - Wikipedia Gaan na inhoud Hoofkieslys Hoofkieslys skuif na kantbalk versteek Navigasie Tuisblad Geselshoekie Onlangse wysigings Inligting oor Wikipedia Kontakblad Sandput SEARCH <!-- doen dit iets? --><!-- lyk nie so nie --> Interaksie Hulp Leer hoe om te wysig Gebruikersportaal Laai lêer Lukrake bladsy Spesiale bladsye TOOLBOX <!-- doen dit iets? --> Soek Soek Voorkoms Skenkings Skep gebruiker Meld aan Persoonlike gereedskap Skenkings Skep gebruiker Meld aan Inhoud skuif na kantbalk versteek Inleiding 1 Klassifikasie 2 Groot ensiklopedieë Wissel Groot ensiklopedieë subafdeling 2.1 Antieke tydperk 2.2 Middeleeue 2.3 Moderne ensiklopedieë 2.4 Elektroniese ensiklopedieë 3 Verwysings 4 Eksterne skakels Wissel die inhoudsopgawe Ensiklopedie 223 tale Alemannisch አማርኛ Aragonés Ænglisc Obolo العربية الدارجة مصرى অসমীয়া Asturianu Авар Azərbaycanca تۆرکجه Башҡортса Boarisch Žemaitėška Batak Toba Bikol Central Беларуская (тарашкевіца) Беларуская Betawi Български भोजपुरी Banjar ပအိုဝ်ႏဘာႏသာႏ Bamanankan বাংলা বিষ্ণুপ্রিয়া মণিপুরী Brezhoneg Bosanski Буряад Català 閩東語 / Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄ Нохчийн Cebuano کوردی Corsu Qırımtatarca Čeština Kaszëbsczi Словѣньскъ / ⰔⰎⰑⰂⰡⰐⰠⰔⰍⰟ Чӑвашла Cymraeg Dansk Deutsch Zazaki Dolnoserbski Kadazandusun डोटेली ދިވެހިބަސް Ελληνικά Emiliàn e rumagnòl English Esperanto Español Eesti Euskara فارسی Fulfulde Suomi Føroyskt Français Frysk Gaeilge 贛語 Gàidhlig Galego Avañe'ẽ ગુજરાતી Hausa 客家語 / Hak-kâ-ngî Hawaiʻi עברית हिन्दी Fiji Hindi Hrvatski Hornjoserbsce Kreyòl ayisyen Magyar Հայերեն Արեւմտահայերէն Interlingua Jaku Iban Bahasa Indonesia Interlingue Iñupiatun Ilokano ГӀалгӀай Ido Íslenska Italiano 日本語 Patois Jawa ქართული Taqbaylit Kabɩyɛ Tyap Kumoring Қазақша ភាសាខ្មែរ ಕನ್ನಡ 한국어 Къарачай-малкъар کٲشُر Ripoarisch Kurdî Kernowek Кыргызча Latina Ladino Lëtzebuergesch Лакку Limburgs Lombard ລາວ Lietuvių Latgaļu Latviešu Madhurâ मैथिली Basa Banyumasan Malagasy Олык марий Māori Minangkabau Македонски മലയാളം Монгол ꯃꯤꯇꯩ ꯂꯣꯟ मराठी Bahasa Melayu Malti Mirandés မြန်မာဘာသာ مازِرونی Nāhuatl Napulitano Nedersaksies Plattdüütsch नेपाली नेपाल भाषा Nederlands Norsk nynorsk Norsk bokmål Nouormand Diné bizaad Chi-Chewa Occitan Oromoo ଓଡ଼ିଆ Ирон ਪੰਜਾਬੀ Papiamentu Deitsch Polski Piemontèis پنجابی Ποντιακά پښتو Português ရခိုင် Română Armãneashti Tarandíne Русский Русиньскый संस्कृतम् Саха тыла ᱥᱟᱱᱛᱟᱲᱤ Sardu Sicilianu Scots سنڌي Srpskohrvatski / српскохрватски တႆး සිංහල Simple English Slovenčina سرائیکی Slovenščina Shqip Српски / srpski SiSwati Seeltersk Sunda Svenska Kiswahili ꠍꠤꠟꠐꠤ Ślůnski தமிழ் ತುಳು తెలుగు Тоҷикӣ ไทย Tagalog Tolışi Setswana Toki pona Tok Pisin Türkçe Xitsonga Татарча / tatarça ChiTumbuka ئۇيغۇرچە / Uyghurche Українська اردو Oʻzbekcha / ўзбекча Vèneto Tiếng Việt Volapük Walon Winaray Wolof 吴语 მარგალური ייִדיש ⵜⴰⵎⴰⵣⵉⵖⵜ ⵜⴰⵏⴰⵡⴰⵢⵜ 文言 閩南語 / Bân-lâm-gí 粵語 中文 IsiZulu Wysig skakels Bladsy Bespreking Afrikaans Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Gereedskap Gereedskap skuif na kantbalk versteek Aksies Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Algemeen Skakels hierheen Verwante veranderings Permanente skakel Bladinligting Haal dié blad aan Kry verkorte URL Switch to legacy parser Druk/uitvoer Skep boek Laai af as PDF Drukbare weergawe Ander projekte Wikimedia Commons Wikidata-item Voorkoms skuif na kantbalk versteek in Wikipedia, die vrye ensiklopedie Die bekende Duitse Brockhaus Konversationslexikon uit die jaar 1902 'n Ensiklopedie is 'n geskrewe versameling van menslike kennis. Die term kom van die Griekse woorde εγκύκλιος παιδεία, enkyklios paideia ("in 'n sirkel van onderrig"). Geskrifte met 'n ensiklopediese omvang is al sedert die vroeë menslike geskiedenis saamgestel, maar die term, ensiklopedie, is eers vanaf die 16de eeu gebruik om daarna te verwys. Alhoewel onderwerpe in enige ensiklopedie dikwels 'n definiërende beskrywing bevat, kan die aspek van 'n woordeboek – naslaanwerk met 'n alfabetiese lys van woorde of terme en inligting daaromtrent – nie met die ingesteldheid van 'n ensiklopedie verwar word nie. Klassifikasie[wysig | wysig bron] Daar is verskeie soorte ensiklopedieë: Algemene ensiklopedieë, soos byvoorbeeld die bekende "Encyclopædia Britannica", wat artikels oor onderwerpe in 'n wye verskeidenheid vakgebiede bevat. Gespesialiseerde ensiklopedieë wat alleen artikels oor sekere vakgebiede bevat, byvoorbeeld mediese ensiklopedieë. Die Franse Encyclopédie van 1751 In die klassieke Griekse oudheid is kennis gewoonlik mondeling oorgedra; die interdissiplinêre kennis of enkyklios paideia wat as belangrik vir die onderwys van jong mense beskou is, het kunste en wetenskappe ingesluit. Die eerste bekende stelselmatige versameling van kennis is in die Romeinse Ryk saamgestel – die geleerde Marcius Terentius Varro, 'n tydgenoot van Marcus Tullius Cicero, het in sy Disciplinarum libri IX vir die eerste verskillende leerstellings en spekulatiewe teorieë uit vakgebiede soos retoriek, grammatika, musiek, geneeskunde, geometrie en sterrekunde in een werk saamgevat. Hierdie stelselmatige versameling van kennis het later die aanleiding gegee tot die Sewe Vrye Kunste of Artes liberales, 'n kanon van kennis wat onder meer op inisiatief van die kerkvader Augustinus saamgestel is. Die eerste naslaanwerk of ensiklopedie in die moderne sin was die 37 boekdele van Plinius die Ouere (23-79 n.C.) se Naturalis Historiae. Die werk is uit duisende Griekse en Romeinse natuurkundige bronne saamgestel en verteenwoordig 'n volledige versameling van die destydse wetenskaplike kennis wat volgens vakgebiede soos biografie en geografie gekategoriseer is. Die werk het tot in die 19de eeu die basis van die natuurwetenskappe gevorm, alhoewel Plinius ook spekulatiewe verhale soos dié oor Skitiese kannibale as wetenskaplike kennis beskou het. Een van die laaste ensiklopedieë, wat die wetenskaplike kennis in kategorieë onderverdeel het, was Francis Bacon se Instauratio magna (omstreeks 1620). Bacon het 'n poging onderneem om die tradisionele Vrye Kunste op 'n nuwe moderne manier te kategoriseer. Vanaf die tweede helfte van die 17de eeu was ensiklopedieë alfabeties van aard. Die 18de en 19de eeu was die klassieke ensiklopediese tydperk waarin nasionale en universele ensiklopedieë ontstaan het. Die Encyclopédie ou Dictionnaire raisonné des arts en métiers van Diderot, d'Alembert en ander, wat vanaf 1751 verskyn het, is in die gees van die Verligting geskryf en was baie neutraal ten opsigte van die feite wat aangebied is, maar was nogtans selektief by die keuse van sy materiaal en vol van kommentare. Die skrywers het die belangrikheid van die ambagte en wetenskappe beklemtoon en tegelykertyd skerp en ironiese of selfs blasfemiese kommentaar op irrasionele onderwerpe soos godsdienste gelewer. Die artikel oor kannibalisme het byvoorbeeld 'n verwysing na die Christelike eucharistie bevat.[1] Later ensiklopedieë soos die Duitse Brockhaus-ensiklopedie, wat wêreldwyd as 'n voorbeeld vir 'n universele ensiklopedie beskou is, was eerder objektief en neutraal en daarop gemik om wetenskaplike kennis ook vir leke toeganklik te maak. Groot ensiklopedieë[wysig | wysig bron] Antieke tydperk[wysig | wysig bron] Naturalis historia (Plinius) Middeleeue[wysig | wysig bron] Suda (Bisantynse ensiklopedie uit die 11de eeu) Speculum maius (Vincent de Beauvais) Moderne ensiklopedieë[wysig | wysig bron] Novum organum scientiarum (1620, Francis Bacon) Encyclopédie , ou Dictionnaire Raisonné des Sciences, des Arts et des Métiers (1751–1780, Denis Diderot en Jean le Rond d'Alembert, 35 boekdele) Encyclopaedia Britannica (vanaf 1768) Groot Sowjetse Ensiklopedie (vanaf 1926, 65 boekdele) Enciclopedia Italiana (1929–1949, 36 boekdele) Elektroniese ensiklopedieë Wikipedia is in 2001 tot stand gebring deur Jimbo Wales as 'n vrye, elektroniese ensiklopedie. Dit beteken dat letterlik enigeen tot die databasis kan toetree en teks, beeld en klank daaraan toevoeg. Hierdie deelname is onderworpe aan die GNU/FDL-lisensie. 'n Riglyn en voorvereiste vir die skryf van bydraes, is die Wikipedia:Neutrale standpunt wat bydraers moet handhaaf. Hierdie begrip is grondliggend tot die oop en vrye proses van deelname wat Wikipedia uniek maak. Hierdie instelling staan reg teenoor die tradisionele uitgangspunt wat skryf en publisering van 'n gesaghebbende kennisbron, waarvoor 'n ensiklopedie hom ten doel stel, aanneemlik en gesaghebbend maak. Tradisioneel is 'n ensiklopedie saamgestel deur skrywers wat spesifiek vir daardie doel aangestel is. Die skrywers is gewoonlik akademies onderleg en 'n wetenskaplike grondslag word gevestig. Die vryheid vir enigeen om deel te neem aan die uitbouing van Wikipedia, skep die geleentheid vir beide die leek en kundige om die forum van kennis te verbreed. Sodoende ontplooi 'n gesaghebbende kennisbron. Boonop ontleen bydraers oor en weer artikels by Wikipedia in ander tale (daar was in 2016 reeds meer as 290 erkende tale in Wikipedia gevestig) en publiseer dit in vertaalde vorm op die Wikipedia van daardie bydraer se voorkeur. Die Wikipedia in al sy vertaalde weergawes vorm een elektroniese ensiklopedie met miljoene artikels en is wêreldwyd toeganklik. Elektroniese ensiklopedieë[wysig | wysig bron] Wikipedia is een van die eerste ensiklopedieë wat deur sy eie gebruikers saamgestel is. Die hiërargie van die ensiklopedie en die ontwikkelingsgang daarvan is besonder aanpasbaar by 'n rekenaarmedium-gebaseerde formaat. Aanlyn (lewendige) formaat is in verskeie gevalle reeds toeganklik. Alle hoofstroom meervoudige onderwerp ensiklopedieë wat voorheen in gedrukte vorm uitgegee is, bied reeds sedert die einde van die 20ste eeu inligting in elektroniese formaat. Publikasie via elektroniese media (tipies CD-ROM formaat) is kostevoordelig en is gebruiksdoelmatig. 'n Nuutjie is die media wat in tradisionele formaat nie moontlik is nie: nabootsing, klank en video. Skakels tussen begripsverwante onderwerpe is 'n betekenisvolle voordeel. Aanlynensiklopedieë, soos Wikipedia, bied ongekende dinamiese potensiaal: nuwe inligting word onmiddellik aangebied, bykans soos wat gebeure plaasvind, wat nie moontlik is met statieseformaatmedia nie, bv. rekenaarskyf of drukwerk. 'n Gedrukte ensiklopedie word dikwels opdateer met 'n jaarlikse aanvullende bundel in 'n poging om bywerkings van onlangse gebeure bekend te stel. Dit is natuurlik 'n gedeeltelike oplossing van die probleem met gedrukte media, maar die proses is moeisaam, selfs duur en word in effektiwiteit oortref met aanlynrekenaartoegang tot toonaangewende publikasies. Die ontwikkeling van rekenaarskyfopdatering (subskripsie) en interaksie of integrasie met bestaande inhoud op die gebruiker se rekenaarapparatuur, bied 'n oplossing wat geensins moontlik is met 'n ensiklopedie in gedrukte formaat nie. Die inhoudsamestelling van tradisionele gedrukte ensiklopedieë geskied merendeels volgens 'n hiërargie, waar die onderwerp alfabeties georden word. Elektroniese formaat beskik egter oor 'n dinamika wat enige voorafopgestelde struktuur oorbodig maak. Nieteenstaande hierdie nuttige eienskap van elektroniese ensiklopedieë is 'n organisatoriese onderwerpsindeling by die meeste ingestel, waarvolgens bv. onderwerpsgroepering te vinde is. CD-ROM en internet-gebaseerde ensiklopedieë bied ruimer soek- en navorsingsgeleenthede as die tradisionele bron. Soekfasiliteite volgens 'n sleutelwoord oortref enige gevorderde indeksering wat in gedrukte bronne beskikbaar is, en stel selfs verwysing na die soekwoord in kleiner of geringer artikels tot beskikking van die gebruiker. Verwysings[wysig | wysig bron] ↑ "ORF (Oostenrykse Uitsaaikorporasie) – Gevaarlike kennis". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 November 2001. Besoek op 31 Januarie 2008. Eksterne skakels[wysig | wysig bron] Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir ensiklopedie. http://www.wordiq.com/definition/Encyclopedia Geargiveer 15 Junie 2004 op Wayback Machine – Definisie en uitgebreide beskrywing Free Encyclopedia of Articles Sorted By Rank Normdata Internasionaal Encyclopedias and dictionaries</span"}]]}'FASTNasionaal Enzyklopädie</span"}]]}'Duitsland Encyclopedias</span"}]]}'Verenigde State Encyclopedias and dictionaries</span"}]]}'2 Encyclopédies</span"}]]}'Frankryk Encyclopédies</span"}]]}'BnF-data 百科事典</span"}]]}'Japan encyklopedie</span"}]]}'Tsjeggië Enciclopedias</span"}]]}'Spanje Letland Israel Encyclopedias</span"}]]}'2Ander Encyclopédies</span"}]]}'IdRef Geskiedkundige Woordeboek van Switserland Ensiklopedie van Moderne Oekraïne İslâm Ansiklopedisi Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Ensiklopedie&oldid=2764715" Kategorieë: Kennisbestuur Letterkunde Ensiklopedieë Die bladsy is laas op 16 April 2025 om 14:10 bygewerk. Page was rendered with Parsoid. Die teks is beskikbaar onder die lisensie Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel. Aanvullende voorwaardes kan moontlik ook van toepassing wees. Sien die Algemene Voorwaardes vir meer inligting. Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Gedragskode Ontwikkelaars Statistieke Koekieverklaring Selfoonweergawe Soek Soek Wissel die inhoudsopgawe Ensiklopedie 223 tale Nuwe onderwerp